Bladsye

Monique – Afrikaanse Dansmusiek Op Sy Beste

Lyk my hierdie girl gaan die eerste Afrikaanse maestro van die dansvloer word …

Intellektuele self-opoffering namens Afrikaners?

Wat ek voorheen geskryf het oor Dan Roodt blyk tog waar te wees. Leierskap is nie hier te vinde nie. Kyk maar die video onder.

Maar tog is daar baie wat hulle eie Boere republieke beplan en voorgee dat hulle aan te hoofd van de eie volksraad zijn staan. Dis jammer julle was ook nie op die video nie, dan kon hulle leierskap kwaliteite ook ten toon gestel geword het.

Het hy (uhm, Dr. uhm Dan Roodt) regtig nie geweet dat hy vir die gek gehou word, soos beweer word in Lood se praatjies? Of was hy daarvan bewus gewees maar wou nie die goeie geleentheid vir publisiteit laat wegglip nie?

Nee wag, miskien het hy maar mooi saamgespeel, en so namens die Afrikanervolk ingewillig om die gek te wees sodoende die Afrikanervolk se hunkering na "vryheid" vir die wêreld bekend te maak. Dankie vir jou opoffering namens die Afrikaner ;-)

The Daily Show With Jon Stewart Mon – Thurs 11p / 10c
Oliver – World Cup 2010: Into Africa – The Amazing Racists
www.thedailyshow.com
Daily Show Full Episodes Political Humor Tea Party

 

Op soek na ‘n intilligente rolprent asseblief!

Wanneer was die laaste keer wat ons 'n ordentlike rolprent in Afrikaans gesien het? Was daar ooit 'n ordentlike rolprent in Afrikaans? Vertel my as jy van iets weet.

Tensy jy 'n aanhanger van slapstick comedy is, is die jongste vrystellings maar baie vlak – dit lyk my ons kan nie Leon Schuster of  Willie Esterhuizen en 'n Vetkoek Paleiserige mentaliteit op die grootskerm (of DVD's deesdae) met iets beter vervang nie.

Ja, dit kos geld, maar is daar nie een regiseur wat 'n bietjie visie het nie? Ons praat hier van 'n rolprent wat interessant en opwindend is, avontuurlik, of selfs iets uitdagend en intilligent is. Kan ons ook asseblief wegbeweeg van depressiewe en slaan my maar liewers dood stories. Ons het al meer as genoeg van hierdie genre gehad.

Is daar een regiseur, of entrepreneur, daarbuite wat hierdie noodkreet verstaan en iets daaromtrent sal kan doen?

Videos, Slideshows and Podcasts by Cincopa Wordpress Plugin