Wat se tipe Afrikaner is jy?
Antropoloë het verskeie kultuuraspekte geïdentifiseer wat tot 'n etniese identiteit bydrae. Onderhewig aan die sosiale konteks waarin mense hulleself bevind, kan hierdie kultuuraspekte of verander, of meer staties wees, maar dit is gewoonlike 'n kombinasie van die oue en die nuwe. Mense kan of eng vashou aan kultuurgebruike (primordialisme), of aanpas by nuwe ekonomiese of politiese omstandighede.
Afrikaners is maar 'n mengelmoes van oortuigings en lewenstyle maar almal sal met sommige kultuuraspekte kan identifiseer tot 'n groter of mindere mate.
So wat se tipe Afrikaner is jy? Die onderstaande is nie veronderstel om breedvoerig te wees nie, en bevat ook so 'n paar veralgemenings! Wat nie hier ingesluit word nie is finotepiese kenmerke (fisiese eienskappe soos velkleur), aangesien dit nie hier ter sprake is nie.
1. Waardesisteem |
|
Elke etniese groep het 'n waardesisteem wat 'n standaard stel waarvolgens gedrag gemeet kan word. As 'n persoon aan 'n etniese identiteit wil deelneem, sal 'n persoon of deur homself of andere beoordeel word hoe hy/sy die waardesisteem onderskryf. Byvoorbeeld, die Vryheidsfront Plus skryf onder andere: "Die VF Plus bely en erken die heerskappy van Christus op alle lewensterreine en owerhede as instellinge van God, aan wie hulle verantwoording verskuldig is. Gevolglik beywer die VF Plus hom vir ’n politieke bedeling wat deur Christelike waardes gerig is en deur die beginsels van geregtigheid, waarheid, naasteliefde, respek vir lewe en eiendom, getrouheid en vreedsame naasbestaan gekenmerk word." Sover dit die VF Pus aangaan, beteken die bogenoemde wat 'n Afrikaner is. 'n Mens moet bevraagteken hoe hierdie waardesisteem in die werklikheid sal bestaan, as hulle dit regkry om 'n volkstaat te skep. In realiteit, sien ek Afrikaner waardesisteme soos volg: |
Konserwatiewe Afrikaner |
Aanpas Afrikaner |
|
Christenskap (glo) belangrik Politieke Vryheid Soewereiniteit |
Christenskap (glo) belangrik Menseregte Gelykheid |
—————————————-
2. Naam |
|
Dit is die naam wat 'n etniese groep vir hulleself het, of dit kan 'n naam wees wat ander groepe vir hulle gee. Oor watter naam voel jy die sterkste? Ek sien dit as volg. |
Konserwatiewe Afrikaner |
Aanpas Afrikaner |
|
Boer Afrikaner |
Afrikaner Suid-Afrikaner |
—————————————-
3. Taal |
|
Seker dié kenmwerk waarsonder Afrikaner-identiteit nie sal kan bestaan nie. |
Konserwatiewe Afrikaner |
Aanpas Afrikaner |
| Praat net Afrikaans; wil selfs 'n faktuur in Afrikaans hê. | Praat in Afrikaans of Engels soos omstandighede dit benodig. |
—————————————-
4. 'n Gemeenskaplike Voorgeslag: |
|
Wie is ons voorsate? Dit is 'n mengelmoes van Nederlanders, Franse, Duitsers, Jode en wie ookal. |
Konserwatiewe Afrikaner |
Aanpas Afrikaner |
| Identifiseer homself sterk met Voortrekkers. | Wie ookal. Het nie 'n saak nie. |
—————————————-
5. 'n Gedeelde Geskiedenis |
|
Wat is ons geskiedenis? Hier gaan ons terug tot die aankoms van Jan Van Riebeeck, die Franse Hugenote, die Groot Trek, Boereoorlog, die verkryging van politiese onafhanklikheid en totstandkoming van Apartheid, en nou die nuwe Suid-Afrika. |
Konserwatiewe Afrikaner |
Aanpas Afrikaner |
| Identifiseer homself sterk met Voortrekkers, Boere-state en Boere-oorloë. | Sien geskiedenis in konteks van die nuwe Suid-Afrika. |
—————————————-
6.Land (Tuisland / Geboorteland) |
|
Die plek op aarde waarop jy territoriale regte het, of wil hê. |
Konserwatiewe Afrikaner |
Aanpas Afrikaner |
| Daar word beywer vir 'n volkstaat, of die ou Boere-state of 'n nuwe area word geïdentifiseer. | Suid-Afrika behoort aan almal. |
—————————————-
7.Kultuuraspekte (Gebruike & Tradisies) |
|
Hier word verwys na tipiese kleredrag, musiek, sport, tipe kos, ens. wat etniese groepe hulleself mee identifiseer. |
Konserwatiewe Afrikaner |
Aanpas Afrikaner |
|
Mal oor rugby en braaivleis. Boeremusiek en sokkie. Volkspele, Boeresport, ens. |
Is ook mal oor rugby en braaivleis, maar sal aan meeste dinge deelneem – geniet moderne dinge en nuwe ervaringe. |
—————————————-
8. Familie / Verwantskap |
|
'n Sterk etniese identiteit is slegs moontlik waar daar sterk familie-bande of verwantskappe bestaan. |
Konserwatiewe Afrikaner |
Aanpas Afrikaner |
| Identifiseer sterk met familie en mede-Afrikaner families. | Familie ook belangrik, maar sosiale kringe is breër. |
—————————————-
9.Godsdiens |
|
Christen, Moslem, Tradisioneel, of selfs geen godsdiens nie. |
Konserwatiewe Afrikaner |
Aanpas Afrikaner |
| Behoort aan tradisionele Afrikaner kerke wat Afrikaner identiteit as "God-gegewe" beskou. | Behoort aan enige kerk. Beoefen inklusiewe godsdiens. |
Bostaande sinspeel op mense wat moeilik in die nuwe Suid-Afrika aanpas, en die wat makliker aanpas. Kan ons sê dat dit sinspeel op mense wat meer negatiewe of meer positiewe gesindhede openbaar in die konteks van ons huidige situasie?
My probleem is dat sekere mense hulle Afrikaner-identiteit gebruik om hulleself te distansieer van huidige sosiale probleme of selfs geleenthede wat daar bestaan. Hulle hunker na vervroeë dae en bou lugkastele van "Boere vryheid" en is patalogies negatief. Hulle krepeer in sielkundige "Afrikaner-kloosters". Afrikaner identiteit het hierdie uitkyk op die lewe nie nodig nie.
Meer positief, daar is baie wat hulle Afrikaner identiteit geniet, en nog meer, dit op 'n intelligente manier uitleef en van die kultuurs-diverse lewe 'n fees maak.
