Bladsye

Indrukke van 2010 sokker-toernooi

2010

So 'n paar dinge wat vir my uitstaan omtrent die 2010 hoe-ha:

  1. Eerstens, die hele toernooi blyk 'n reuse sukses te wees. Geluk aan Danny Jordaan en sy span. As die regering maar net so professioneel kan wees.
  2. Vir 'n rukkie het Suid-Afrikaners iets in gemeen gehad. Dit is 'n wenresep vir samewerking en 'n nasie wat vorentoe kan beweeg. Wat sal al ons mense bind na 2010? Op die stadium lyk dit of daar niks bestaan in terme van politieke leierskap nie, maar beslis die goedheid van normale mense is iets om op te bou.
  3. Afrikaners het deelgeneem en dit was lekker. Ja, daar is tog lewe te vinde buiten rugby, brandewyn en biltong.
  4. Julius Malema is tjoepstil. Wie het vir hom wat gesê? Hoop dit sal werk tot lank na die sokker gedoente.
  5. Maradona se passie vir sy land, span, en sport. As ek maar tog net so 'n passie vir alles in die lewe gehad het.
  6. Die stadions was basies altyd vol. Wat 'n mooi gesig dat mense van oor die hele wêreld ons land so geniet.
  7. Vuvuzelas het mense oor die hele wêreld aan die gons, of ten goede of ten kwade. Gelukkig het ek imuun begin word so die irritasie faktor is nou amper nul.
  8. Daar was min gevalle (sover) van misdaad – as dit maar net volhoubaar kan wees.
  9. Afrika is nie meer die wêreld se gat nie. Goeie dinge kan hier plaasvind, dws, as jy die regte mense gebruik, en nie mense soos by Eskom wat hulself 'n vet verhoging gee maar bitter min bereik het.
  10. Laastens, Duitsland lyk onstuitbaar te wees …

Miskien moet MAFIFA aan bewind bly. Dit het lanklaas so goed met ons gegaan.

Menings

Daar is 2 Mening(s) vir "Indrukke van 2010 sokker-toernooi"

Skryf iets!

XHTML: U kan die volgende tags gebruik: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong> <font color="" face="" size=""> <span style="">