Positiewe Identiteit – Positiewe Denke
Afrikaners is nie meer muishonde nie – dankie Tim du Plessis (Muishond vel is afgeskud). Soos die liedjie De La Rey De La Rey sinspeel, is daar niks verkeerd daarmee om 'n eie trots en positiewe identiteit te hê nie. Maar laat dit 'n trots wees wat nooit tot 'n meerderwaardigheids-kompleks ontwikkel nie, en laat dit 'n identiteit wees wat realisties en met oop oë na die verlede, hede, en toekoms kyk.
Herodotus, die Griekse skrywer, het so 500 v.C. al waargeneem:
As enige iemand, maak nie saak wie hy is nie, ooit die geleentheid gegee word om te kies watter gebruike van al die nasies die beste is, sal hy uiteindelik, na noukeurige bepeinsing van hulle meriete, die van sy eie land kies. Almal, sonder uitsondering, glo hulle eie gebruike en geloof waarin hulle groot geword het, is die beste; dus, dit is onwaarskynlik dat enige iemand, behalwe 'n kranksinnige persoon, sulke dinge sal bespot. Daar is baie bewyse dat hierdie die universele gevoel is oor antieke gebruike van jou land (Geskiedenisse 3.37 – vrye vertaling).
Sal ons hierdie sienswyse kan ontgroei? – ek hoop so.
En hoe ons as Afrikaners kan floreer – dankie Prof Danie Goosen (Afrikaners streef daarna om te floreer). Ons floreer deur om 'n positiewe (tog gesonde) selfbeeld te hê, en met ander mense saam te werk en brûe te bou. Dit is positiewe denke.

Daar is 1 Mening(s) vir "Positiewe Identiteit – Positiewe Denke"
"Sal ons hierdie sienswyse kan ontgroei?"
Ek hoop regtig ook so Alleman. Maar jou kanse is vandag, 2700 jaar later, nog net so goed om as kranksinnig afgemaak te word as jy selfs maar net die hoop koester.
Danie Goosen is reg, dis by die selfbeeld waar die probleem lê.